Afrikaans is Donker. “Die Heks Heavy Metal”. n Gothic en Fantasie Afrikaanse Musiek Produksie word uitgebeeld teen ’n agtergrond van Afrika-kosmologie en Suid-Afrikana. Die temalied “Die Heks van Hexriviervallei” deur Marcia Moon word aangevul deur oorspronklike liedjies én die van ander, “Die Donkerman” van Ingrid Jonker, “Raka” deur N.P. Van Wyk Louw en “Ballade van die tyd” deur Ignatius Mocke. Beelde van berge, meerminne, diepstemstorievertellers en die raaisels van dimensies, spoke en ondiere word met musiek opgetower. Leigh Dawson bring ‘n metaal element met haar dromme en Marcia is op akoestiese en elektriese kitaar. Chris J Mocke se “Wolwewoud” is ook deel van die produksie. Kom raak verlore saam met die Heks. 🎩🖤
0Die Heks Heavy Metal – Toyota US Woordfees, Erfurthuis, Stellenbosch
Kom raak verlore saam met die Heks.
4:00 pm