fbpx

Jägermeister presents Fokofpolisiekar Sweet 16 Partytjie – Loftus Versfeld Stadium, Pretoria

Fokofpolisiekar word hierdie jaar 16 en ons gaan die partytjie-gees inspan om ons grootse konsert nog OOIT te gooi!

11:00 am - 7:00 pm

HIERDIE IS DIE EEN FOKOF SHOW WAT JY NIE KAN MIS NIE.

DAAR IS NET 50 PHASE 1 KAARTJIES BESKIKBAAR TEEN SLEGS R150 p/p HIER: bit.ly/fokofsweet16. DAARNA IS DIT R200 VIR ‘N PRE SALE TICKET.

Fokofpolisiekar word hierdie jaar 16 en ons gaan die partytjie-gees inspan om ons grootse konsert nog OOIT te gooi!

Die 2-uur lange set gaan gepak wees met tunes wat ons in die laaste 16 jaar saam geskryf het. Daar gaan ou classics gespeel word, al julle gunstelinge en dan ook ‘n paar van die meer obskure songs wat ons persoonlike favs is en ons jare laas live gespeel het.

Ons 5 mag dalk ons 40’s bekruip, maar as Die Bende is ons nogsteeds in ons tiener-fleur. Daar gaan nog lank oor hierdie show gepraat word, want ons gaan ons beste tiener-gees-A-GAME bring.

Wat kan jy verwag:
– ‘n 2-uur lange FOKOF shows soos nog nooit tevore;
– FOKOF songs wat jy jare laas live gehoor het;
– ‘n Partytjie gees soos min! Ons gaan baie moeite insit om seker te maak die event is super spesiaal;
– Fuzigish en Hellcats om die partytjie mee af te skop;
– ‘n Befokte wintersdag saam met befokte like-minded mense in ‘n veilige omgewing;
– Dagdronk… natuurlik;
– Bekostigbare kaartjie pryse;
– Bekostigbare bar pryse;

Daar gaan ook akoestiese kitare en ‘n klavier ingespan word om spesiale weergawes van die “Monoloog in Stereo” EP songs en hits soos “Komma” aan die lewe te bring. Kom luister na weergawes van ons songs soos jy dit nog nooit gehoor het nie.

Kry nou jou kaartjie en kom vier ons 16de verjaarsdag saam met ons!

Ticket type: Pre-Sold
Price: R195
Link: bit.ly/fokofsweet16
Tickets are also available from Fokof Bar

11am – Deure maak oop
1pm – Hellcats
2pm – FUZIGISH
3pm – Fokofpolisiekar
7pm – After party Fokof Bar

#fokofsweet16

Facebook Comments
0

Jägermeister presents Fokofpolisiekar Sweet 16 Partytjie – Loftus Versfeld Stadium, Pretoria

Advertisement

More about this event:

416 Kirkness St, Arcadia, Pretoria, 0007, South Africa

STAY INFORMED! Click here to visit the Covid-19 South African Online Portal