Nadat Schalk Bezuidenhout in Mei vanjaar by die George Arts Theatre opgetree het, keer hy nou terug na George met sy nuwe eenmanvertoning Snorseun! Hierdie krulkopkomediant met sy kenmerkende truitjies is die mees opwindende nuwe stem in Suid-Afrikaanse stand-up komedie. Sedert die boorling van Kempton Park in 2015 en weer in 2017 in Trevor Noah se voorprogram opgetree het, is hy ‘n huishoudelike naam en blink hy uit as komediant, akteur en TV-aanbieder. As jy vir Schalk in Mei gemis het, is hierdie jou kans om hom te sien optree. En as jy in Mei sy vertoning geniet het, gaan jy Snorseun selfs meer geniet! Verwag baie reaksies, waarvan lag lag-lag die grootste gaan wees!
Schalk Bezuidenhout: Snorseun – George Arts Theatre, W Cape
Hierdie krulkopkomediant met sy kenmerkende truitjies is die mees opwindende nuwe stem in Suid-Afrikaanse stand-up komedie.
Facebook Comments
0