fbpx

Woordvlug na Phillipolis

Woordvlug gaan besoek weer Phillipolis. Ons besoek Emily Hobhouse se huis. 'n Boere Oorlog slagveld en Lourens van der Post se geboorte huis.

1:00 pm - 10:00 pm

Woordvlug gaan besoek weer Phillipolis. Ons besoek Emily Hobhouse se huis. ‘n Boere Oorlog slagveld en Lourens van der Post se geboorte huis. Daar sal ook ‘n orrel gespeel word in die geskiedkundige kerk op die fenomenale orrel daar binne(kort) . Die plaaslike kunsgallery word ook besoek. Die aand sal die gedig en kort verhaal voorlesings asook die musiek en storievertel by die spookdorpie Waterkloof plaasvind. Die ete word ook hier bedien. Die Karoo Craft Bier Brouery van oom Pierre speel gasheer. Want dit is 1 van minder as “n handjie vol plekke wat nog funksioneel is in Waterkloof. Proe aan iets soos kapokbossie bier gegeur met die genoemde bossie wat daar rond groei en gemaak met regte fontein water en nog vele meer. Daarna sal die ligte(jenny) afgeskakel word en dan gaan ons sterrekyk en ‘n kundige van departement Fisika sal bietjie oor die kosmos praat en mense ook deur sy teleskoop laat kyk. Die pakket sluit verblyf en aandete deur die Rooi Ooi in. R480pp. Daar is ook ‘n opsionele wildstoer na Tiger Canyon die vgl oggend vroeg teen R750pp ekstra vir die wat belangstel. Dit is ‘n 3 ure toer en sluit iets te drinke in.(normale koste R1350pp) Daar is beperkte plek so bespreek asb vroeg. Skakel asb 0797967975 of 0845598991 pm te bespreek of stuur n epos na vultureclubevents@gmail.com

Facebook Comments
0

Woordvlug na Phillipolis

Advertisement



More about this event:

Philippolis, 9970, South Africa

STAY INFORMED! Click here to visit the Covid-19 South African Online Portal