Skallabrak her-denk Afrikaans @ The Daisy Jones Bar, Stellenbosch

Dit is meer as slegs 'n konsert, dit beloof om 'n aand gevul met rou emosie en kragtige lirieke te wees!

4:30 pm

Skallabrak by The Daisy Jones Bar
Saterdag 27 September
The Daisy Jones Bar, Stellenbosch
Vertoning begin 19:30 | Deure open 16:30 vir die rugby
Kaartjies R160 aanlyn of R190 bydie deur.
Maak gereed vir ‘n klipharde aand van oorspronklike Afrikaanse Rock & Roll wanneer Skallabrak die verhoog oorneem om hul 24ste bestaansjaar te vier – met al die energie waarvoor hulle bekend is!
Skallabrak, gestig in 2001 in Londen, het sedertdien ‘n kultusstatus opgebou met liedjies soos “X-Files,” “Mooi van Kleins Af,” “Sandveld Boertjie” en “Gatvol.” Wat begin het as legendariese huiskonserte het gegroei tot ‘n volbloed rockgroep met ‘n unieke Afrikaanse klank.
Benewens hul klassieke treffers, bring Skallabrak ook vars vuur met nuwe musiek, insluitend die enkelsnit “Disipline” (uitgereik Oktober 2024) en hul lewendige opname “Vreemd, maar wonderlik.”
Die groep bestaan uit:
Hendrik Brakwater – Vokale, Akoestiese Kitaar
Skallamari – Ritmekitaar, Bekfluitjie, Trekklavier, Agtergrondvokale
Diehondjie du Toit – Meesterkitaar, Agtergrondvokale
Roger J Wilco – Bas, Agtergrondvokale
Jean Tunes – Tromme
Dit is meer as slegs ‘n konsert, dit beloof om ‘n aand gevul met rou emosie en kragtige lirieke te wees.
Kom vroeg, gryp ’n drankie en geniet die asemrowende uitsig vanaf The Daisy Jones se stoep. Die spyskaart is net so lekker soos die musiek – moenie honger kom nie!
Speel dit veilig – reël ’n Uber of Drive Buddy.
Die honde gaan huil — jy wil nie dié een mis nie!
Kaartjies is beperk – bespreek nou en wees deel van die legende!
0

Skallabrak her-denk Afrikaans @ The Daisy Jones Bar, Stellenbosch

Advertisement



South Africa